Die Afrikaanse Protestantse kerkverband bestaan uit gereformeerde kerke (gemeentes) van Christus wat:

Die Drie-enige God waarlik wil ken en wil dien;

Jesus Christus as Here bely en in Hom as die enigste Middelaar hulle volle redding verwag;

in ‘n wêreld wat die mens al meer sien as die norm van sy eie besluite, glo dat die oppermag van God vanuit sy Woord onverskrokke verkondig moet word;

hul kerkwees bou op die Bybel as Woord van God;

hulle roeping daarin vind om God se Woord suiwer te verkondig

en hierin staan die uitgangspunte van die reformasie vir hulle sentraal, te wete:

  • Die Woord alleen (Sola Scriptura),
  • Christus alleen (Solus Christus),
  • genade alleen ( Sola Fide);

die volgende belydenisskrifte aanvaar omdat dit in ooreenstemming met God se Woord is:

  • Ekumeniese belydenisse: die Apostoliese Geloofsbelydenis; die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius.
  • Gereformeerde Belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis; die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls;

dus in die tradisie van die Hervorming staan;

elk as pilaar en grondslag van die waarheid, mense tot dissipels wil maak van die Drie-enige God en hulle wil leer om alles te onderhou wat die Here sy kerk beveel het.