Jonger jeug

Die Jeug (Jonger Jeug) geleenthede wat ons reël is vir jongmense wat graag in die Kerk ook saam deel wil wees van die gemeente.  Die Jeug van die gemeente bestaan uit alle jongmense wat 18 jaar en jonger is.  Ons poog om aan ons kinders waardes te leer waarin hulle elke dag kan leef.  Die waardes wat ons hierdie jaar by stilstaan is gebou op Galasiërs 5:22 en elke gelowige wat met hierdie waardes leef kan in enige verhouding tot iemand anders op die regte manier op tree.

Die Jeug poog om gereeld verkope op ‘n Vrydagaand te hou met die doel om ‘n Jeugkamp te hou waar jongmense van die gemeente baie pret kan hê. Die Jeugkamp vind gedurende Oktobervakansie plaas en beloof om ‘n onvergeetlike ervaring te wees.

Werkende Jongmense

So het ons in die gemeente ‘n werkende jeuggroep wat almal insluit ouer as 18.  Hierdie groep is vir almal wat voel hulle wil nie meer die heeldag speletjies speel nie en sou graag meer tyd wou spandeer om sekere onderwerpe te bespreek wat meer op die werkende jongmens gerig is.

Ons kom een maal per maand bymekaar en gewoonlik gaan dit gepaard met ‘’n gesellige kuier rondom byvoorbeeld ‘n kampvuur.

Beide die jeuggroepe het ten doel om ons jongmense in die Kerk tuis te laat voel omdat hulle ook deel is van die liggaam van Jesus Christus soos 1 Korintiërs 12:12 – 31 ons leer.