Ons geliefde leraar, Ds Leon Lubbe, het ‘n paar vrae beantwoord oor sy lewe, sy werk en sy wense vir AP Kerk Moot Sentraal.
Waar is u gebore? Pretoria
Waar het u gematrikuleer? Hoër Volkskool te Potchefstroom
Waar het u studeer? Afrikaanse Protestantse Akademie te Pretoria
Watter kwalifikasie(s) het u behaal en in watter jaar het u dit behaal? B.A. Admissie – 2002; B.Th – 2004
Wanneer en met wie is u getroud? Hettie Lubbe (neé de Beer) op 27 Maart 2004
Hoeveel kinders het julle? 2 Seuns, Leon en Johan
Sedert wanneer is u leraar van die gemeente? November 2016
Wat is u passie in die bediening? Om die evangelie te verkondig soos wat dit die Here behaag. Om mense se harte gelukkig te maak is altyd ‘n wonderlike manier hoe die Heilige Gees in ons gemeente werk..
Wat is u visie vir APK Moot-Sentraal? Ons moet ‘n gemeente wees wat in liefde saam die Hoof van die kerk, Jesus Christus, sal dien met totale oorgawe.