Die ouderlinge en diakens in die gemeente is besonderse manne wat deur God geroep word om d.m.v een van die drie ampsterreine die gemeente te bedien.
Uit die Nuwe Testament blyk dat God steeds sy verbondsvolk deur gelowiges laat bedien wat veral op een van die drie ampsterreine funksioneer: die leraar profeties, die diaken priesterlik en die ouderling koninklik. Sy doel daarmee is om die gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk en om die gemeente as liggaam van Christus op te bou (Efés. 4:12).
Vereistes vir die Amp
Uit die Bybel is dit duidelik dat ‘n ampsdraer bekend moet wees as iemand met ‘n lewende geloof, met ‘n begeerte om vir die Here te werk, wat bekwaam is om te onderrig, wat ook gewillig is om daarvoor toegerus te word en wat die Heilige Skrif voortdurend ernstig ondersoek. Verder moet ‘n ampsdraer onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry (1 Tim. 3:2), in alle opsigte betroubaar (Hand. 6:3) en met die Gees van God vervul wees.
Hoofleiers
Leierouderling:
Andries Claassens
084 581 6488
Leierdiaken:
André Visser
084 514 4075